
=====================================================================
'Kyk met haikoe-o' (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'Kyk met haikoe-o'

Myra Lochner vertel hoe 'n haikoe-slypskool in die Suid-Kaap skeppingsdrang in Afrikaans aangevuur het.

Al van 1997 is Taalkreatief: Afrikaans besig om in die Suid-Kaap en die Klein Karoo volwassenes en kinders se kreatiwiteit te ontgin.

Elke individu moet toenemend verantwoordelik raak vir eie selfverwesenliking en vir die algemene heil van die onmiddellike gemeenskap. Dit 
kan slegs gebeur as kennis motivering verskaf. Dit behels onder meer kennis van eie behoeftes en hoe om beperkings te oorkom ten einde aan 
hierdie behoeftes te voldoen; andersyds, kennis van hoe om hierdie beperkings as hefboom te gebruik om geestelik te kan groei. Hierdie 
benadering eis 'n gans nuwe instelling tot kreatiwiteit .

Ek het betrokke geraak by die vestiging van 'n kreatiwiteitskamer by Dutton's Cove, die skilderagtige vakansieoord van Andries en Ria 
Greyling op Heroldsbaai, waar lesing- en oornagfasiliteite beskikbaar is. Hierdie kreatiwiteitskamer se doel is om kunstenaars en kundiges 
in ons streek te mobiliseer en wel binne 'n kreatiwiteitsprogram vir alle belangstellendes, ongeag hul reeds gevestigde vaardighede en 
belange.

Die program, wat bestaan uit slypskole, sal stelselmatig verfyn word met aandag aan kuns- en taalkreatiewe behoeftes, sodat 'n produk 
ontstaan wat uiteindelik entrepreneurskap sal bevorder. Kursusgangers kwalifiseer op grond van belangstelling en word aan geen 
keuringsproses onderwerp nie. Die sukses van 'n slypskool word gemeet aan die produk.

Ek het weggespring met 'n haikoe-slypskool. Die haikoe is 'n rymlose, idilliese Japannese gedig van drie rels, bestaande uit 5,7 en 5 
lettergrepe (Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal). Die gedagte was dat juis hierdie patroonmatigheid die basis kan vorm vir 
onbegrensde geestelike groei.

Die veertien kursusgangers het 'n heterogene groep gevorm met ouderdomme wat gewissel het van 15 jaar tot jonk-middeljarig!

In die haikoe, as afspieling van die werklikheid, word die intellektuele, wat met die intutiewe en die digterlike verweef word, deur 'n 
spontane gewaarwording tussen die tweede en die derde versrel opgehef: 'n Voorbeeld is di van Gerhard Dreyer uit sy Haikoe-verse:
daar staan die bosbok
in die poel  poot op poot op
onderstebo bok


Deur implisiete of eksplisiete verwysing na die vier seisoene kan die haikoe-digter klein en eenvoudige dinge gebruik om emosies soos 
verlies, hoop, vreugde, en selfs humor uit te beeld, sonder om (noodwendig) 'n voltooide stelling te maak. Die haikoeskrywer is sy eie 
psigoterapeut! Die kursusgangers was n die kursus almal haikoegeesdriftiges.

Kob Deister het ges: "Nooit sou ek kon dink dat ek aan sulke intense skeppingsmoontlikhede blootgestel sou word nie. Alles om my was 
skielik 'n potensile haikoe."

Baby Roets se versugting was: "Al probleem is dat ek nou gedurig besig is om alles in lettergrepe op te breek en hulle te tel!  ek kyk met 
haikoe-o na die wreld."

Vir Hetsie Greeff was die slypskool 'n wonderlike bevryding. "Die haikoe het my in sy eenvoud op die skouer kom tik, sodat ek kon omdraai 
en my sintuie kon ontmoet. Afrikaans het opnuut saad geskiet met immergroen haikoewoorde. Mag ons altyd ons taalplantjie vertroetel met die 
bemesting van die digkuns!"

Slypskoolvoorbeelde
ek wil jou teken
j lewe kwastint roosblaar
maar ek verfskryf jou
 Kob Deister
die golf se holkrans
vou om jou: laggend vergly
jy in bondelskuim
 Baby Roets
verflenterde voltjie
teen die windskerm 'n dowwe plof
weg is jou mretaal
 Magda Roelofse Myra Lochner is stigterslid en projekleier van Taalkreatief: Afrikaans op George. Tel: 082 378 5262.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7442.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

